LettersOpinion

Die Arend se revue het uitgestaan

Baie dankie aan al die pragtige kinders wat soveel tyd ingesit het om te oefen om telkens vir ons die dag te seën met hulle pragtige optredes.

Merle Coetzee van Dalview skryf:

Met verwysing na die brief van Louis McDonald (Revues is fantasties) in die Herald van 19 Augustus.

Ek wil ook graag namens die senior burgers van Brakpan al die skole en die mense wat betrokke was bedank vir die uitnodigings na die verskeie revues.

Ons sien uit na volgende jaar en die jare daarop se vertonings.

Baie dankie aan al die pragtige kinders wat soveel tyd ingesit het om te oefen om telkens vir ons die dag te seën met hulle pragtige optredes.

Ek wil elke skool, personeellid en afrigter bedank.

Dit was veral Laerskool Die Arend se revue wat vir my uitgestaan het. Die puik opvoerings van graad R tot graad sewe was ongelooflik uitstaande.

Mag elke skool van krag tot krag gaan in die jare vorentoe.

(Brief verkort).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button