Editor's noteLettersOpinion

As jy nie ’n dier kan bekostig nie, moet dit nie aanskaf nie

Hoe kan enige regdenkende mens net wegloop en weet jy laat ’n dier agter om dood te gaan van die honger en dors?

Diereliefhebber van Dalview skryf:

Met verwysing na die berig in die Herald van 19 Augustus (Starving boerboel weighs only 47kg).

Ek kan maar net hoop dat die eienaar van die hond die berig gelees het, maar ek twyfel. ’n Mens wat dit aan ’n dier doen se intelligensie is beslis te laag om te kan lees.

As jy moet trek en geen ander heenkome vir jou hond het nie sal die regte ding tog wees om dit na die DBV te neem. Hoe kan enige regdenkende mens net wegloop en weet jy laat ’n dier agter om dood te gaan van die honger en dors?

Ek bedank die persoon wat dit aangemeld het en ’n baie groot dankie aan die DBV wat vinnig gespring het om die arme hond van ’n stadige, grusame dood te red.

Die probleem is net dat hierdie maar een voorval is waarvan ons bewus gemaak is. Ek glo daar is derduisende soortgelyke voorvalle.

As jy nie ’n dier kan bekostig nie moet dit liewer nie aanskaf nie.

Lees ook: Puppy rescued from drain in Brenthurst

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)
BBM pin: 7F7A9F13

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button