Editor's choiceLettersOpinion

Revues sit ‘n huppel in die stap

Ons kan nie meer self so ruk en rol nie, maar as senior burgers kan ons vir julle, as ons dorp se kinders, bid dat daar vir julle deure en geleenthede sal oopgaan en dat julle ’n mooi toekoms sal tegemoetgaan.

Louis McDonald, Dalview skryf:

Ek wil graag namens die senior burgers van Brakpan aan ons skole baie dankie sê vir die uitnodigings na hulle onderskeie revues.

Ons het dit verskriklik baie geniet. Veral om die kinders so energiek op die verhoog te sien optree en dans.

Dit het weer ’n huppel in ons stap gesit en ons dae sommer opgekikker.

Baie dankie aan al die kinders wat dae en aande, en ek verneem selfs gedurende die skoolvakansie, met groot opoffering so getrou geoefen het om sulke fantastiese produksies op die planke te kon bring.

Dankie ook aan die personeel en alle ander wat gehelp het om die afrigting en rekwisiete te hanteer. Dit was regtig puik produksies.

Dankie ook vir die bederf dat ons met tee en versnapperings verras was.

Dit was heerlik om so gesellig saam te kon verkeer en sommer ou vriende te kon raakloop.

Ons kan nie meer self so ruk en rol nie, maar as senior burgers kan ons vir julle, as ons dorp se kinders, bid dat daar vir julle deure en geleenthede sal oopgaan en dat julle ’n mooi toekoms sal tegemoetgaan.

Aan al die kinders wat opgetree het: “Ons is trots op julle en julle rock.”

Ons sien al klaar uit na volgende jaar!

Lees ook: 

Bejaardes met honde laat ‘n glimlag op die gesig

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)
BBM pin: 7F7A9F13

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button