Editor's choiceLettersOpinion

Moet nie in my goed kom grou nie

Baie van hulle sit nie alles terug nie en laat die gemors dan net so vir my of my man om skoon te maak.

Annoniem skryf per e-pos:

Met verwysing na die brief in die Herald van 22 Julie (Sorteer jou Rommel).

Ek stem ongelukkig nie saam met die skrywer van die brief nie. Ek betaal die Ekurhuleni Metro om my vullisblik elke week te kom leegmaak.

Ek verpes dit as mense in my blik kom grou. Baie van hulle sit nie alles terug nie en laat die gemors dan net so vir my of my man om skoon te maak.

Die mense met hulle waentjies in die pad is ook ‘n groot oorlas. Ek kon onlangs skaars in die Stoffberg Duikweg verby twee mans met waentjies bestuur.

Lees: Waentjies in die pad is ‘n gevaar

Ek voel jammer vir mense wat nie werk het nie, maar hulle moet nie in my goed kom grou nie.

(Brief verkort)

Lees ook:

Dis harde werk vir bietjie geld

Plastic City continues to burn

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button