Bejaardes met honde laat ‘n glimlag op die gesig

Om op daardie ouderdom nog saam te wees, saam dinge te doen en om te gee vir jou diere is fantasties.

Riekie Vorster skryf per e-pos:

Wat ek nou die dag gesien het, was net te oulik om nie met die res van die dorp te deel nie. Ek was verlede Saterdagoggend op pad na die winkels toe ek ’n bejaarde man en vrou in Hendrik Potgieterstraat sien stap het.

Die oom en tannie is stokoud en beide is baie skraal en klein gebou. Hulle het twee honde, wat soos Jack Russels gelyk het, aan leibande gehad en met die honde gestap.

Dit was te kostelik, want die ou mensies moes behoorlik draf om by die lewendige, opgewonde honde te bly.

Dit het nie gelyk of die oom en tannie gestres het nie en die honde het hulself ook gate uit geniet.

Dit was so ’n oulike prentjie. Ek wens ek het ’n video geneem. Hoop ek sien hulle weer eendag dan sal ek stilhou en vir hulle sê hoe dierbaar hulle is.

Om op daardie ouderdom nog saam te wees, saam dinge te doen en om te gee vir jou diere is fantasties.

Ek haal my hoed af vir dié twee.

Lees ook:

Voorbladfoto steel ‘n hart

A greet and a smile goes a long way

Exit mobile version