‘n Bietjie uitsorteer werk sal nie skade doen nie

Ek het so 'n paar maande gelede begin om papier, karton en plastiek eenkant te hou. Die man wat by ons huis omkom weet dit nou al en daar is geen grouery nie.

Clarissa Vermeulen skryf per e-pos:

Met verwysing na die berig in die Herald van 15 Julie (Dis harde werk vir bietjie geld).

Alhoewel ek die rommelversamelaars ook ietwat irriterend vind, veral wanneer hulle in die pad van verkeer is, kan ek nie help om vir hulle jammer te voel nie.

Ek het so ‘n paar maande gelede begin om papier, karton en plastiek eenkant te hou. Die man wat by ons huis omkom weet dit nou al en daar is geen grouery nie.

Dit is ook verbasend hoeveel meer plek ‘n mens het vir ander vullis in die vullisdrom.

Ek het nou ook al ‘n paar van my vriende en bure oorreed om dit te doen. Ek glo dit leer ook my twee jong kinders om meer omgewingsbewus te wees.

Ek hoef nie eens meer te baklei nie. My gesin weet daar is ‘n sak vir plastiek en ‘n sak vir papier en karton.

Ek gril om te dink dat daardie desperate rommelversamelaars tussen vrot voedsel, vuil babadoeke, stinkende afval en wie weet wat nog, moet grou om herwinbare goedere bymekaar te maak.

Ek kyk so daarna: ten minste probeer hierdie mense om ‘n eerlike bestaan te voer. Hulle staan nie en bedel op straathoeke nie.

Dit vat regtig waar niks van ‘n mens om so bietjie sorteringswerk te doen nie.

Lees ook:

Plastic City continues to burn

Waentjies in die pad is ‘n gevaar

Werkloosheid veroorsaak groot ellende

‘Ons bly onder ‘n boom, want ons kry nie werk nie’

Exit mobile version