‘n Brief aan alle rowers daar buite

Het julle ’n gelukkige lewe met rus en vrede vir julle siele noudat julle weet ’n ander moes hulle eie geluk, rus en vrede opgee vir julle?

“Brakpan-Noorder” skryf per e-pos:

Aan alle rowers daar buite. Julle het dit reggekry.

’n Hele gemeenskap is op hulle knieë gedwing.

Hulle veiligheid en lewensgehalte is totaal en al in julle mag.

Nou wonder ek net: Nadat julle so baie mense beroof en bedreig het, is julle gelukkig?

Het julle ’n gelukkige lewe met rus en vrede vir julle siele noudat julle weet ’n ander moes hulle eie geluk, rus en vrede opgee vir julle?

Miskien as rowery julle werklik geluk, rus en vrede gee, sal dit dalk makliker wees vir die slagoffers om te aanvaar, want die Bybel sê tog dis beter om te gee as om te ontvang.

Maar my opinie is dat geen mens (hoe boos ook al) regtig kan glo dat hulle, hulle eie geluk, op ’n ander se ongeluk kan bou nie.

Mag die Here julle vergewe, want julle weet nie wat julle doen nie.

Lees ook:

Diewe steel selfs die vuilgoed

Hopelik sal diewe nie trappe wil klim nie

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version