LettersOpinion

Plan moet met plakkers gemaak word

Ek verstaan dat die mense ’n bestaan probeer maak en dat hulle waarskynlik in ’n mate goeie werk verrig, maar daar moet tog ag geslaan word op ander inwoners wat wettig in die omgewing bly.

Arnold Beetge skryf per e-pos:

Met verwysing na die berig op die voorblad van die Herald van 8 Julie (Breathing is a hazard here).

Ek het die moeite gedoen om na die video en die foto’s op die Herald se webtuiste te gaan kyk. Dit was nie ’n verrassing om te sien hoe die plek lyk nie.

Die foto op die voorblad spreek boekdele. Daar word dag en nag vuur gemaak en die inwoners in die omgewing moet die besoedelde lug inasem.

Ek blameer die Ekurhuleni Metro vir die situasie wat nou heeltemal buite beheer is. Ek skat dat daar ver meer as 2000 mense woon. Hierdie is mense wat geen ander heenkome het nie en natuurlik sal bly waar hulle is.

Ek glo dat daar binne die volgende jaar net meer mense sal bykom. Ek het immers al gesien hoe vragmotors met meubels en boumateriaal op ’n gereelde basis daar inry.

Ten spyte van die feit dat die plakkerskamp die waarde van my huis skerp laat daal het en ten spyte van die feit dat ons vrot lug moet inasem is ek tog nie harteloos nie.

Ek verstaan dat die mense ’n bestaan probeer maak en dat hulle waarskynlik in ’n mate goeie werk verrig, maar daar moet tog ag geslaan word op ander inwoners wat wettig in die omgewing bly.

Ek betaal hard aan erfbelasting, water, elektrisiteit en vullisverwydering. Daardie plakkers betaal nie ’n sent aan niemand om daar te bly nie.

Dit het regtig tyd geword dat daar dringend na die situasie gekyk moet word.

Die area wat hulle bewoon word by die dag groter.

Lees ook:

Harde werk vir bietjie geld

Waentjies in die pad is ‘n gevaar

Werkloosheid veroorsaak groot ellende

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button