Voorbladfoto steel ‘n hart

Daardie oulike foto het my hart gesteel en my dag gemaak.

Amelia van Staden, Dalview skryf per e-pos:

Hoe lekker was dit nie toe ek Vrydag (17 Junie) die Herald in my posbus kry nie. Ek ken nie die mense op die foto nie, maar wat ’n pragtige voorblad (Sondag is die dag om pa lekker te bederf).

Ek geniet my Herald maar lees ook ander koerante en tydskrifte en deesdae is daar so baie misdaad en slegte nuus. Dit is genoeg om ’n mens permanent depressief te laat.

Daardie oulike foto het my hart gesteel en my dag gemaak. Dit is nie nodig om altyd slegte nuus in die koerante te lees nie.

Laat ons dit meer sien.

Kyk hier na die foto

Exit mobile version