LettersOpinion

Bedelaars moet liefs nie rook nie

Is dit nie beter om liewer geld bymekaar te maak vir ‘n brood nie?

Annoniem skryf per epos:

Ek, soos seker baie ander inwoners in die dorp, word elke dag getreiter deur bedelaars. Ek werk hard vir my geld en dit is waarom ek nie hoef te bedel nie.

Tog kan ek nie help om jammer te voel vir die mense nie.

Wat ek wel nie kan verstaan nie, is dat meeste van die bedelaars rook. Ek het niks teen rook nie, want ek rook self, maar dit is baie duur.

Een los sigaret kos sekerlik al sowat R4 (ek is nie seker nie). Ek wonder dan net hoeveel geld die bedelaars bymekaar maak om te kan bekostig om te rook.

Is dit nie beter om liewer geld bymekaar te maak vir ‘n brood nie?

Daar is ‘n groepie mense wat altyd in Dalview bedel. Hulle maak beurte. Een of twee staan by die verkeerslig en die ander sit lekker onder die boom en rook.

Lees ook:

Seun moet ma nie gebruik om te bedel nie

Giving food rather than money is a great idea

Genoeg is genoeg

Werkloosheid veroorsaak groot ellende

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button