Vrou moet liefs vroeër opstaan voordat sy ‘n maskarastokkie in haar oog kry

Staan net vyf minute vroeër in die oggende op en doen dan jou grimering by die huis sodat jy, jou kind en ons veilig kan wees.

Ronel Olivier sryf per e-pos:

Ek wil net graag vir die blonde vroumens met haar wit Mercedes sê:

Staan net vyf minute vroeër in die oggende op en doen dan jou grimering by die huis sodat jy, jou kind en ons veilig kan wees.

Ek sien jou elke oggend in Voortrekkerweg, wanneer jy jou kind skool toe vat.

Jy voel duidelik niks vir jou arme kind, wat voor aan die passasierskant sit nie en jy voel nog minder vir ons onskuldige mense wat op dieselfde pad as jy moet wees.

Besef jy nie wanneer jy so besig is om jou grimering aan te sit, terwyl jy bestuur, hoe gevaarlik dit is nie?

Dan ry jy nogal in ‘n oostelike rigting, waar die son direk in jou gesig is!

Ek wag vir die dag wanneer daai maskarastokkie jou in jou oog steek, as jy skielik remme moet gebruik – en bewaar jou siel as jy ‘n ongeluk veroorsaak waarin ek of een van my familielede betrokke is.

Glo my, jy sal dit erg berou!

Word wakker en besef bietjie waarmee jy besig is!

Lees ook:

‘n Brief aan mev ‘Breindood’

Kru taal op nota vir vrou wat glo nie kan parkeer nie

Chaos heers in die middag voor die skool

Orange light driver flouts the rules

Exit mobile version