Diewe steel selfs die vuilgoed

Die beste is egter dat die diewe die vullisdromme sommer steel, al ons vuilgoed nog binne in.

Inwoner van Hoylaan skryf per e-pos:

Ek wil net dankie sê aan die munisipaliteit wat nie die asblikke kom leeg maak soos dit volgens die skedule aangedui is nie.

In ons straat (Hoylaan) is daar nou al twee asblikke gesteel as gevolg van die feit dat die blikke buite staan op die dag wat die metro veronderstel is om dit te kom leeg maak.

Die beste is egter dat die diewe die vullisdromme sommer steel, al ons vuilgoed nog binne in.

Ek sal nou maar my swartsakke buite op die gras sit en die vullistrok moet dit maar so vat wat moet mens anders doen?

Moet mens nou tot jou asblik met ’n slot en grendel vasmaak?

Lees ook:

Keelvol vir swak diens 

Refuse collector has some nerve

Metro comments on erratic refuse removal

Metro’s excuse is rubbish

Vullis wat staan is broeiplek vir stank en vlieë

Exit mobile version