Afwesigheid van hekwagte pla

Dit is ’n skande dat bejaarde mense so aan hulle eie lot oorgelaat word.

Bekommerde inwoner, Brakpan-sentraal skryf:

Met verwysing na die berig op die voorblad van die Herald van 1 April (Bejaardes voel onveilig).

My ouers woon al vir ’n paar jaar in een van die huisies by Tweedy Park en ons is werklik baie bekommerd, omdat daar nie meer wagte by die hek is nie.

Die wagte het nou wel net mense laat in- en uitgaan, maar ek glo nie enige verdagte persoon of persone sou sommer daar kon instap nie.

Nou kan enigiemand by die hek inglip of deur die gat in die muur toegang tot die plek kry.

Dit is ’n skande dat bejaarde mense so aan hulle eie lot oorgelaat word.

Baie van daardie mense, soos my ouers, het nie veel geld nie en kan nie bekostig om vir die wagte te betaal nie.

Ek hoop en bid dat een of ander plan gemaak kan word.

Lees ook: 

Local panel beater ‘swindled’ pensioners

Exit mobile version