Negatiwiteit oor universiteit verstom

Laat ons nou positief raak en vorentoe kyk.

Valerie Bouwer, Wendenlaan skryf:

Ek verwys na die brief wat op die Herald se webblad gepubliseer is. (University will cause more problems).

Ek is absoluut verstom oor die negatiwiteit vir ’n beoogde universiteit in Brakpan.

As alle voor- en nadele opgeweeg word, is dit ’n uitstekende idee om Brakpan weer ’n dorp te maak waarop ons trots kan wees.

Ouers wat nie kan bekostig om hulle kinders na ander universiteite te stuur nie, kan nou die geleentheid benut vir opleiding vir ’n beter toekoms vir ons jeug.

Laat ons nou positief raak en vorentoe kyk.

Lees ook:

Tell us what’s on your mind (What’s your opinion about a university opening its doors in Brakpan?)

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version