LettersOpinion

Uitlokking kon lelike nagevolge hê

Besef daardie kinders nie hoe gevaarlik die lewe vandag is nie?

Outydse ma, Dalpark skryf:

Met verwysing na die berig in die Herald van 11 Maart (Meisies wys hul kaal borste vir verbygangers).

Ek is baie dankbaar dat Mona Loubser besluit het om nie net die saak daar te laat nie. Ek haal my hoed af vir haar.

Besef daardie kinders nie hoe gevaarlik die lewe vandag is nie? Daar is soveel mense daar buite wat dié tipe uitlokking as ’n uitdaging of uitnodiging sou aanvaar, en iets aan die kinders sal doen.

Dan is almal weer in rep en roer as die meisiekinders iets oorkom.

Ek het ’n tienerseun en –dogter en maak hulle maar nog op die ou manier groot. My kinders weet wat reg en verkeerd is en dit is die minste wat ons vir ons kinders kan doen.

Ek hoop daardie twee meisies het hul les geleer.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button