LettersOpinion

Inwoner se liefde vir vuurwerke ontstel ander

''Inwoner", Brakpan-Noord, skryf per e-pos: Hierdie is ‘n brief aan die persoon wat in die omgewing van Hospitaalweg die afgelope tyd gereeld vuurwerke skiet.

 

Duidelik het die persoon nie ‘n troeteldier of ‘n brein nie. My twee honde, en ek is seker daarvan al die ander mense in die omgewing se honde, beleef hel omdat een onopgevoede, oningeligte persoon klappers wil skiet en vurwerke wil afvuur.

Daar is tog genoeg gepraat en gekla oor hierdie euwel. Wat verstaan die persoon tog nie?

Verder meer, hoekom is daar steeds besighede wat vuurwerke verkoop?

Ek dink dit is hoog tyd dat daar ‘n totale verbod op die afvuur van enige vuurwerke kom.

Ek hoop dat die skuldige tog hierdie brief sal lees en tot sy of haar sinne sal kom.

Glo my, ek is nie die enigste mens wat deur jou onverantwoordelike optrede geraak word nie.

Lees ook:

Fireworks: Tips to keep your pets safe

SPCA calls for restraint and responsibility

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button