LettersOpinion

Gevriesde water laat bedelaars glimlag

Elmarie van Rensburg skryf per e-pos: ’n Vriendin by my werk het vir my ’n briljante idee gegee wat ek graag met die inwoners van die dorp wil deel.

Ek woon in Brakpan en werk in Kemptonpark en word dus daagliks by talle verkeersligte deur bedelaars genader.

Dit is vir my onmoontlik om vir almal geld te gee. My vriendin het vir my vertel dat sy leë koeldrankbottels bymekaar maak en dan vries sy water of bekostigbare aanmaak koeldrank daarin.

Sy het elke oggend sowat vyf van die bottels gevriesde water of koeldrank in haar voertuig, wat sy aan bedelaars gee.

Ek het dit ook begin doen en dit werk soos ’n bom.

Dit is deesdae so warm en baie bedelaars staan heeldag in die bloedige son sonder iets om te drink.

Die water kos my byna niks en ek kan sien die mense is dankbaar wanneer hulle ’n bottel yskoue water kry.

Ek het al my vriende en bure gevra om nie hul koeldrankbottels weg te gooi nie, so my plan werk perfek.

Lees ook:

Giving food rather than money is a great idea

Give food and not money

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button