Tuinvullis ontsier die buurt

Adriaan Schoeman skryf per e-pos: Die haelstorm wat die dorp verlede week getref het, was iets wat ek nog nooit in my lewe beleef het nie.

Ek sou normaalweg by die werk gewees het, maar herstel op die oomblik van ’n operasie en was by my huis in Brenthurst toe die storm getref het.

Ek het self gesien hoe voëls verward probeer skuiling soek en die geraas op die dakke was oorverdowend.

Ons was gelukkig om nie baie skade te hê nie, alhoewel daar nie veel van my tuin en die bome op my erf oor is nie.

Ek het dadelik besef dat ons maar self sal moet inspring en die tuinvullis sal moet wegry aangesien die nuwe sisteem nie toelating maak vir sulke gevalle nie.

Tot my ergernis sien ek nou hoe Brenthurst inwoners begin het om vuilgoedsakke op elke hoek en in elke park te laat.

Ek verstaan dat dit uiters ongerieflik is om die ekstra sakke na die vullishoop te neem, maar dit is tog die regte ding om te doen.

Die Ekurhuleni Metro gaan nie die sakke wat oral rondlê oplaai nie en binnekort gaan die plek aaklig daaruit sien.

Ek het self nie ’n bakkie nie, maar het ’n plan gemaak om iemand anders se voertuig te gebruik om die hope en hope blare in my erf, op my sypaadjie en in die straat voor my huis weg te ry.

As elkeen maar net hulle deel wil doen sal die plek gou weer beter lyk en nie soos die natgereënde hoender waarna dit tans lyk nie.

Lees ook:

Haelstorm rig derduisende rande se skade aan

Kyk hier na ‘n video en foto’s van die haelstorm:

Hail storm in Brakpan

Haelstorm (1)

Haelstorm (2)

Haelstorm (3)

Haelstorm (4)

Haelstorm (5)

Haelstorm (6)

Haelstorm (7)

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version