LettersOpinion

Gesin se uitstappie laat ‘n bitter smaak

Geskokte inwoner skryf per e-pos: Ek en my man het verlede Vrydagaand saam met ons twee kinders na ’n padkafee in die dorp gery.

 

Dit was ongeveer 9nm. Ons het verby ’n kuierplek in Prince Georgelaan gery en gesien hoe ’n man en vrou mekaar op die sypaadjie aanrand.

Hulle het in die pad beweeg en my man moes uitswaai vir hulle.

Dit het gelyk of die vrou ’n gebreekte bottel in haar hand gehad het. My kinders, wat agt en tien jaar oud is, was geskok.

Ek moes mooi verduidelik dat die mense seker maar te veel gedrink het, maar ek het sleg gevoel dat my kinders so iets moes aanskou.

So twee blokke verder was daar ’n stokou man wat in ’n asblik gegrou het seker vir iets om te eet.

Ons moes ongelukkig by die verkeerslig stilhou en weereens wou my kinders weet wat die man doen.

Net voor ons by die padkafee kon indraai het daar ’n man op die sypaadjie gelê en slaap. Ek is nie seker of hy dronk was en of dit maar net sy slaapplek is nie.

Onnodig om te sê ons het maar langtand aan ons kos geëet.

Daar is soveel lelik en swaarkry daar buite. Ons bly in ’n mooi huis en ons het albei ’n werk en ’n voertuig.

Die mense daar buite kry swaar. Ons sal beslis nooit weer laat in die aand deur die strate van Brakpan ry nie.

Lees ook:

Hoe is dit aanvaarbaar dat ‘n lyk by trappe afgedra word?

Mense wat soos varke mors verdien nie simpatie nie

Agteruitgang by Jan Smutsdam is opvallend

Man te skaam om te sê hy bly in Brakpan

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button