Hoe is dit aanvaarbaar dat ’n lyk by trappe afgedra word?

Hartseer van Brakpan-sentraal skryf: Met verwysing na die berig op die voorblad van die Herald van 26 Augustus (Senior citizens are still trapped in Tweedy Park) asook vorige berigte wat die Herald oor die situasie geplaas het.

Dit is absoluut skokkend dat bejaardes so moet sukkel.

Die Metro se verduideliking en hul skouer ophalende houding oor die situasie is ook kommerwekkend.

Hoe is dit enigsins aanvaarbaar dat ’n lyk by trappe afgedra moet word ten aanskoue van ander inwoners?

Ek kan nie help om te wonder wat daar gaan gebeur indien daar ’n brand sou uitbreek nie.

Ek glo dat die hysbakke, met gereelde instandhouding, beslis steeds sou gewerk het.

My hart gaan uit na daardie ou mense. Die gesigsuitdrukking van die vrou op die voorblad spreek boekdele.

Moedeloos en vergete – dis seker hoe sy voel.

Lees ook:

Elderly are still trapped in Tweedy Park

Broken lift leaves elderly stranded

Spirits lifted as one elevator is repaired

Lift lets elderly down again

SAPS wants to hear from the elderly

Exit mobile version