Mense wat soos varke mors verdien nie simpatie nie

''Trotse inwoner'' Brakpan-sentraal skryf: Ek was Dinsdagoggend (11 Augustus) geskok toe ek die toestand van die wandellaan gesien het.

Ek het die afgelope tyd baie in die Herald gelees van die agteruitgang en van die mense wat daar bly, maar ek het nooit besef dat dit so septies is nie.

Ek kom normaalweg nooit daar nie, maar het vir ‘n bejaarde buurvrou van my ‘n guns gedoen om haar na die poskantoor te neem.

Reg voor die deur van die poskantoor was daar ‘n hoop gemors wat waarskynlik die vorige aand aan die brand gesteek is, en dit het steeds gesmeuel. Die reuk was absoluut ondraaglik.

Dit was nie die enigste plek waar daar vuur gemaak is nie. Oral het hope as en uitgebrande gemors gelê.

Vuil matrasse was oral te sien en drankbottels het in die bedding (of wat eens ‘n bedding was) voor die poskantoor gestaan.

Ek neem die metro nie kwalik dat hulle nie meer daar skoonmaak nie.

Die mense mors waarskynlik elke aand so, sodat ander mense, wat wil werk vir ‘n salaris, agter hulle moet skoonmaak.

Ek het in die Checkers parkeerarea geparkeer en deur Checkers gestap om by die poskantoor uit te kom.

Die bejaarde wat saam met my was is 76 jaar oud en loop swaar.

Ons het heeltemal onveilig en uitgelewer gevoel. Ek sal nooit in my lewe weer daarheen gaan nie.

Dit is werklik waar baie hartseer om te sien hoe erg die plek agteruit gegaan het.

Ek het simpatie met hawelose mense en voel jammer vir dié wat daar in die koue moet slaap, maar as jy soos ‘n vark wil lewe en mors verdien jy beslis nie simpatie nie.

Lees ook:

Agteruitgang by Jan Smutsdam is opvallend

Exit mobile version