Editor's choiceLettersOpinion

Vloekende man sê hy mag maar spoeg

Arnold Vermeulen, Sherwood Gardens skryf: Ek, my vrou en ons twee jong kinders was Saterdag gou by die Pick n Pay in Sherwood Gardens om ‘n paar goedjies te kry.

Wat ‘n vinnige uitstappie moes wees, het in ‘n lelike ding uitgedraai. Ons het uit ons kar geklim en ‘n man in ‘n rooi Honda, wat langs ons stilgehou het, het ook uit sy kar geklim.

Die man het hard keel skoongemaak en net daar voor ons ‘n groot bol spoeg en slym uitgespoeg. My vrou het haar dood gegril en my kinders (6 en 8 jaar) was stomgeslaan.

Ek kon nie anders as om die man aan te spreek nie. Ek het vir hom gevra of hy nie maniere het nie en ek het gou agter gekom dat hy beslis nie het nie.

Hy het gesê dat dat dit niks met my uit te waai het nie en hy het dit beslis nie op so mooi manier gesê nie. Die vloekwoorde wat uit sy mond gekom het sal nie gepubliseer word nie.

Hy het omtrent te kere gegaan en gesê dat hy kan doen wat hy wil en waar hy wil. Ek het besef die situasie gaan lelik raak en het maar weggesstap met my vrou en kinders.

Gelukkig was die man weg toe ons terug keer na ons voertuig, maar sy vieslik blop spoeg het nog daar gelê; reg vir ‘n onoplettende persoon om in te trap.

Lees ook:

Man moet liewer stil bly

The farce that is a load shedding schedule

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button