Toestand van paaie onstel hiérdie poppie erg

Ontstoke van Dalview skryf: Hierdie poppie is nou briesend!

Ons strate is so vol slaggate, ek het nou al drie keer verlies gely deur die slegte toestand van die strate.

Daar is ‘n diep slaggat in die middel van Ruthstraat, Sunairpark.  Wanneer dit reën sien jy dit  glad nie.

Ek het my voertuig se wiel onlangs beskadig en glo my die gat is al amper twee jaar daar.

Daar is  ook twee in Van Der Waltstraat,  naby die sirkel. Weereens het ek nou die oggend een getref en nou trek my kar skeef.

Daar is ook al maande lank een op die draai van Ajaxstraat in Dalview wat mens moet “duck en dive” om dit nie raak te ry nie!

Nou vra ek wie gaan vir my skade betaal? Want om by ons stadsraad te gaan kla is net so goed jy praat met ‘n muur!

 

Exit mobile version