LettersOpinion

Morsjorse ontsier die dorp

Inwoner skryf per e-pos: Ek is van mening dat ek en baie ander inwoners ‘n skoon dorp ontsettend baie sal waardeer.

Veral omdat Brakpan vroeër blykbaar die tuindorp van Gauteng was.

Dit voel vir my of ek, as gewone inwoner van die dorp, se pleidooie op dowe ore val en ek hoop dat hierdie brief sal help.

Die dorp kan weer uitstaan as een van die mooiste dorpe as dit net skoongemaak word.

Daar is oral swart vullissakke in Voortrekkerweg, wat die hoofstraat is.

Die “wheelie bin”-sisteem maak nie voorsiening vir die vuilgoedblikke in die dorp self nie, want dit word nie skoongemaak nie en dit lyk afskuwelik.

Boonop is dit ‘n gesondheidsgevaar en, behalwe vir dit, is dit net doodgewoon onaanvaarbaar.

Die strate is vuil en vol papiere. Die enigste tyd dat dit skoon is, is as die wind die papiere weg waai.

Die parke lyk ook haglik.

Ek maak ‘n gedeelte van die park voor my huis in Ellisstraat, Brakpan-Noord, skoon, maar onder op die hoek van Powerlaan lyk dit haglik.

Sakke met vullis word daar gestort, en word dan deur honde oopgeskeur.

Dit lyk soos ‘n mini-ashoop.

Miskien sal ‘n paar “Do not litter” en “Keep it Clean”-kennisgewingsborde ook werk om die gewetenlose morsjorse, wat nie vir die omgewing omgee nie, op hul plek te sit.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button