Drank, dwelms en slegtigheid speel ‘n rol

''Sê maar net'', van Brakpan-sentraal, skryf: Met verwysing na die berig in die Herald van 13 Maart (Die lewe druk erg).

Omdat ek nooit meer in die dorp self kom nie, kon ek nie glo wat ek gelees het nie.

Dit is ook vir my moeilik om te aanvaar dat daardie vrou op die voorblad en al die ander mense daar glad nie iemand ken wat vir hulle kan help nie.

Is die rede miskien nie dat hulle nie gehelp wil word nie? As ek op straat moet slaap sal ek enige plan maak om uit die situasie te kom.

Dit is deesdae ook nie meer snaaks om bedelaars by elke hoek en draai te sien nie.

Ek voel regtig jammer vir die mense, maar in baie gevalle dink ek drank, dwelms en pure slegtigheid speel die grootste rol.

Ek is nie ryk nie en sukkel self baie maar ek werk baie hard vir my bietjie geld.

Brief verkort.

 

Lees die oor die mense wat in die wandellaan slaap hier

Exit mobile version