LettersOpinion

Skietery na bakleiery is onnodig

''Inwoner'' van Minnebron skryf:

Met verwysing na die berig in die Herald van 6 Maart (Twee mans in Minnebron geskiet).

Lees die berig hier

Ek het geweet dit was net ‘n kwessie van tyd voordat so ‘n ongelukkige voorval sou plaasvind.

Dit is ‘n absolute tragedie, maar daar is soveel mense in Minnebron wat dink dat die strate en die oop stukke grond renbane is.

Die voorval wat plaasgevind het en waar mense baie seer gekry het kan egter nie goed gepraat word nie.

Niemand verdien om geskiet te word nie, vir watter rede ookal nie.

Ek ken nie al die details nie en die ware feite sal seker in die hof uitkom.

Tog voel ek jammer vir al die betrokkenes. Mense se lewens is in ‘n oogwenk deurmekaar gekrap.

Al wat ek hoop is dat almal daaruit sal leer.

Dit is belangrik om jou mede-inwoners in ag te neem; respek vir ander kos niks nie.

Ek hoop dat almal wat beseer is gesond sal word en volkome sal herstel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button