LettersOpinion

Bedelaar lieg en bedrieg

“Nie weer nie” van Dalview skryf: Ek en my man het onlangs by die VC Spar in Dalview stilgehou om gou ‘n paar goedjies te kry.

Daar was ‘n jong man wat penne verkoop het en, soos gewoonlik, het hy ‘n lang storie gehad van hoe moeilik dit gaan en dat hy en sy vrou ‘n baba het.

Ek gee nie sommer vir sulke mense geld nie, maar ek het hom tog R10 gegee en twee penne (wat nie skryf nie) daarvoor gekry.

Ons was ‘n rukkie in die Spar en toe ons uitkom het ek toevallig gesien hoe hy by die drankwinkel uitkom.

Ek was so kwaad dat ek hom wou aanvat, maar my man het gevoel ons moet dit liewer daar laat.

Hy het niks in sy hande gehad nie, maar wat hy ookal gekoop het kon hy seker in sy broeksak versteek het.

Of dit nou drank of sigarette was, sal ons nie weet nie.

Ons drink self ‘n drankie op sy tyd, maar ons bedel nie vir geld nie. Daardie man het gemaak dat ek nooit weer vir ‘n bedelaar sal geld gee nie.

Hy behoort sy ore van sy kop af te skaam. Omdat hy lieg en omdat hy penne verkoop wat nie skryf nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button