LettersOpinion

Akkurate skedules is nodig

''Inowner'', van Dalview, skryf per e-pos: Ek weet my gekla gaan net mooi niks help nie, maar ek wil my sê, sê.

Ek verstaan dat die land van ons in ‘n groot gemors is ten opsigte van elektrisiteitsvoorsiening en dat dit in die winter waarskynlik erger gaan raak.

Wat ek nie kan verstaan nie is dat daar nie duidelikheid gegee kan word oor beurtkrag nie.

As daar baie spesifieke skedules is en indien daar by hierdie skedules gehou word kan ‘n mens op ‘n manier beplan, maar dit gebeur nie.

Die tye wanneer die krag afgaan is ook baie ongeleë.

Ek bedryf ‘n klein besigheid van my huis af, waar ons met masjiene werk en ‘n kragopwekker (om al die masjiene te laat werk) is heeltemal te duur.

Die ontwrigting is enorm. Ek sou kon beplan as daar skedules is wat eintlik die korrekte inligting aandui.

My kind (11) het nou die dag vir my gesê: ”Mamma dit help nie om kwaad te word nie, ons moet maar gewoond raak daaraan”.

Dit het my net laat besef hoe erg die probleem eintlik is.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button