Reuk is ondraaglik

Andries Spies, Pollockstraat, skryf: Die Weltevreden Vullisverwyderingsdepot is een groot gemors.

Ons in Brakpan-Noord en Anzac kan die stink reuk net nie meer verdra nie.

As die wind in ons rigting waai, kan ons nie asem haal nie en moet al die deure en vensters toegemaak word; om nie eens te praat van die vlieë en brommers nie.

Dit was eens op `n tyd die netjieste ashoop.

Ek oorweeg dit sterk om weg te trek uit Brakpan, want ek glo dat daar ‘n gesondheidsrisiko is.

Hulle moet ook nie die reën as `n verskoning gebruik nie, want dit reën nog altyd, maar die reuk is nou die ergste in jare.

Ek glo ook dat dit ons verkope van ons huise sal affekteer, want wie wil nou in so `n plek bly?

Exit mobile version