`Idioot’ moet sy eie sakke verwyder

Johan van Aswegen van Dalpark skryf: Ek is woonagtig in Dalpark en, met die nuwe stelsel van vullis verwydering, sit ek my "wheelie bin" uit met twee tot drie sakke vullis binne in die houer (soos dit hoort).

Ek kan nie glo wat sommige mense nou doen nie.

Daar is inwoners wat hul sakke by my of ander mense se erwe gaan neersit en dan weier die verwyderaars natuurlik om dit weg te neem.

Dit danksy ‘n eenvoudige idioot wat te selfsugtig is om sy oortollige sakke self weg te neem.

Dit maak my regtig goed die joos in.

Ek moes self plan maak met my grassakke.

Wanneer ek gras gesny het, was daar sowat 10 sakke om weg te neem.

Daarom het ek tuindienste aangeskaf om dié probleem op te los.

So, ek wil net vir die selfgesentreerde idioot sê: maak ‘n plan met jou oortollige sakke en moet dit nie voor my of ander se eiendom kom neerplak, omrede jy te sleg is om iets daaraan te doen nie.

Ek wil ook net byvoeg dat ek van mening is dat die owerhede meer vullishouers (bins) per erf moet toelaat, sonder dat ons ekstra hoef te betaal.

Ons dorpsgebiede gaan in ashope verander as mense nie wil saamwerk nie.

Exit mobile version