Editor's noteLettersOpinion

Fout kom dié man duur te staan

Donovan De Leeuw skryf per e-pos: Iets vir die lesers om te weet om sodoende uit my foute te leer:

Ek het vroeg in September hierdie jaar per ongeluk R7 400 in Ekurhuleni Prepaid 24 se rekening geplaas.

Die geld moes eintlik in my Preload kredietkaart rekening beland het.

Die Prepaid 24 en Preload kredietkaarte is albei begunstigdes, gekoppel aan my rekening en dis hoe ek die fout begaan het om dit in die verkeerde rekening te plaas.

Na talle e-posse gerig aan Ekurhuleni om die geld terug te kry, het ek onlangs eers ‘n finale antwoord gekry om te se dat hulle ongelukkig niks aan die saak kan doen nie.

Die elektrisiteit “tokens” wat ek vir die R7 400 ontvang het is nog steeds onaangeraak, wetend dat dit nie my bedoeling was om elektrisiteit te koop nie.

Hierdie was ‘n menslike fout, wat my nou duur te staan kom.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button