LettersOpinion

Hoërskool Stoffberg maak geskiedenis

Lodi le Roux, een van die organiseerders van die onlangse Stoffie-fees, skryf:

Dit was met groot opgewondenheid dat ‘n groep oudleerlinge van die eerstydse Hoër Seunskool Stoffberg, in samewerking met die hoof van die Hoërskool Stoffberg, Koos Boshoff en sy personeel, in Maart 2014 begin het om te beplan aan ‘n saamtrek van oudleerlinge van die skool.

Die saamtrek was ‘n reuse sukses en al die rolspelers verdien ‘n groot dankie.

Op Vrydag, 17 Oktober, het ‘n naweek van feesvierings afgeskop met ‘n baie suksesvolle verskeidenheidskonsert. Die gaskunstenaars, André Swiegers, Lieb Bester en ds Willie van Rensburg, almal oudleerlige van die skool, het die gehoor met kwinksale en musiek van uitstaande gehalte laat ril van plesier.

Op Saterdag, 18 Oktober, het oudleeringe van heinde en verre in groot getalle opgedaag om saam te kuier.

Die atmosfeer was ontspanne en oudleerlinge van oor ‘n tydperk van 67 jaar het soos een groot familie saam gekuier.

Tydens dié geleentheid is daar ook ‘n voorlopige bestuur vir ‘n Stoffberg Vriende Vereniging gekies.

‘n Amptelike verkiesing van ampsdraers vir die vereniging sal in die nabye toekoms plaasvind.

Die doel van die vereniging is om die belange van die skool te bevorder en die skool op verskeie terreine te ondersteun. Vorms om as lid van die vereniging te registreer is by die Hoërskool Stoffberg beskikbaar.

Om 6nm op 18 Oktober het die 1964 matriekklas van die Hoër Seunsskool Stoffberg hulle 50-jarige reünie tydens ‘n dinee gevier.

Daar is hulde gebring aan oud-onderwysers vir hulle aandeel in die vorming van oudleerlinge.

Die matriekklas van 1965 het intussen begin om te beplan vir ‘n soortgelyke naweek fees in 2015.

De naweek is Sondag, 19 Oktober, afgesluit met ‘n dankdiens onder leiding van die 1961 hoofseun van die skool, ds Willie van Rensburg, by die NG-gemeente Brakpan-Wes.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button