Editor's noteLettersOpinion

Kragprobleem dryf vrou teen die mure uit

"Inwoner", van Minnebron, skryf oor haar frustrasies en ontevredenheid met die Ekurhuleni Metro.

Die Brakpan Munisipaliteit het vir my ‘n groot kopseer veroorsaak!

Ek het op Vrydag, 25 Julie, in ‘n huurhuis in Minnebron ingetrek.

Ek het vroeg die oggend van 24 Julie my water- en ligtedeposito van R4 500 gaan betaal.

Hulle het my verseker dat die krag op Vrydag (25 Julie) aangeskakel sou word.

Wel, dit het nie gebeur nie.

Ek het die noodnommer geskakel en hulle het ook geen terugvoering aan my gegee nie.

Op Maandag, 28 Julie, was dit was my verjaardag en raai waar het ek dit deurgebring ?

Reg geraai: by die munisipale kantore van Ekurhuleni, waar hulle my van bakpoort na stuurpoort gestuur het. Gelukkig is die kragtoevoer na die huis op dieselfde dag aangeskakel.

Op Woensdag, 29 Julie, het die krag weer afgegaan.

Ek het dadelik by die bure gaan uitvind of dit dalk beurtkrag was, maar dit was nie.

My krag het by die kragboks “getrip” en toe volg dieselfde uitgerekte storie van die vorige naweek.

Hulle het my by die elektrisiteitafdeling verseker dat die krag voor die middag van 30 Julie om 2nm sou herstel wees, maar dit het nie gebeur nie.

Ek het in ses dae se tyd vir slegs 12 ure krag gehad.

Die inbelsentrum wou nie meer my oproepe aanvaar nie.

Ek het ook honderde rande aan telefoonoproepe en brandstof spandeer in ‘n poging om die probleem uit te sorteer.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button