Editor's choiceLettersOpinion

Nuwe vullisblikke word gesteel

“Kotie” van Anzac skryf:

Dit lyk of daar nou ‘n ding is wat kop uitsteek.

Ons het onlangs, voordat ons werk toe is, ons nuwe swart munisipale vullisblik buite gelaat. Die middag toe ons by die huis kom was dit skoonveld.

Ons bure het gesê hulle het ‘n man sien loop met ‘n asblik. Tot my skok het my skoonma my vertel dat haar vullisblik ook Vrydag gesteel is, voor haar huis in Anzac.

Sy is ‘n pensionaris en sy kan nie nog ‘n blik bekosting nie.

My suster het dieselfde oorgekom; sy het twee huise op haar perseel en het daarom twee blikke.

Sy het onlangs gesien hoe ‘n man een van die vullisblikke vat (nog met die vullis binne) en in die straat af loop.

Sy het aangeneem dat dit een van die vullisverwyderaars was, maar dit was die laaste sien van die blik.

Ek vind ook dat die vullisblikke nie voor die regte huise gelaat word wanneer dit eers leeggemaak is nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button