LettersOpinion

Jong spelers erken hul fout

Gerrie Nelson skryf per e-pos:

Ek het nou die dag ‘n rugbywedstryd van my kleinseun (graad vier) bygewoon en die oulikste ding gehoor.
My kleinseun se spannetjie het ver gewen en die ander span was maar half moedeloos.
Aan die einde van die wedstryd het die seuns van beide spanne in rye verby mekaar geloop en hand geskud.
Dit is toe dat drie seuns van die ander skool eenkant toe stap en ‘n diep gesprek voer. Ek was naby en kon hulle hoor.
Die een spelertjie het vir die ander twee gesê: “Ons het verloor want ons het nie saam gespeel soos meneer ons geleer het nie. Dit help nie elkeen, wat die bal kry, hol net soos hy wil nie”.
Die ander twee het aandagtig na hom geluister en nie geskroom om saam te stem nie.
Ek kon nie help om met verwondering na die drie seuntjies te luister nie.
Hulle het hulle pak soos ‘n man gevat, die probleem geïdentifiseer en tot die gevolgtrekking gekom dat hulle verkeerd was.
Dit was net drie seuns uit die hele span, wat die gesprek gevoer het, maar ek het sommer baie hoop vir daardie span. (Nie seker watter skool dit was nie).
Die afrigter kan voorwaar trots wees op hulle, al het hulle verloor.

You can read the full story on our App. Download it here.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button