Kinders moet aangemoedig word

Trotse ouer skryf:

Ek verwys na die brief in die Herald van 25 April (Baie dinge by dié skool pla).

My kind is in graad elf in een van ons plaaslike hoërskole en sy doen sport. Sy was ook skaam in die begin maar het gegroei tot ‘n selfversekerde jong meisie, danksy die skool.

Jy, as ouer, moet verantwoordelik wees vir jou kind se skoolwerk en sien dat dit gedoen word.

Kyk gereeld deur die skoolboeke, toetse en rapporte. Gaan sien die onderwysers, hulle sal jou help as jy hulle met die regte houding nader. Die skool help baie gesinne en kinders.

As jy dalk meer betrokke is by jou kind sal dit baie help. Dit is belangrik om deelname aan te moedig; moenie dat die kind wegkwyn nie. Vandag moet kinders heeltyd aangemoedig word of hulle val in by die verkeerde vriende (wat daar in alle skole is). En leer tog vir jou kind selfvertroue.

Sterkte vir jou en jou kind, aanhouer wen!

Exit mobile version