LettersOpinion

‘Suurstofdiewe’ is nie goed vir die hart nie

Stefanus Nel skryf per e-pos:

Met verwysing na die brief in die Herald van 21 Maart (Beïndruk met dorp se mense).

Ek is bly dat “Lorraine” darem die voorreg beleef het om paaie te kruis met die “mooi” en “opregte” mense van die dorp.

Ongelukkig kan ek nie met haar saam stem nie. Dit is deesdae vir my baie opvallend dat ek my telkens vasloop in onbeskofte, onopgevoede en nors mense. Nie net in Brakpan nie, maar oral waar ek gaan.

Ek praat nie eens van mense wat in posissies aangestel is waar hulle nie die vaagste benul het hoe om hulle werk te doen nie.

Ek het verlede week in een dag seker vier keer amper ‘n hartaanval gehad oor mense wat ek klassifiseer as suurstofdiewe.

Ek wens soms dat ek soos die briefskrywer “Lorraine” kan wees, maar ek het my vertroue in die mense van hierdie land van ons al lankal verloor.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button