LettersOpinion

Reklameborde word verwyder

"Besigheidsman", Brakpan, skryf per e-pos:

Ek besit ‘n eenman-besigheid in Brakpan, wat sleepwaens verhuur.

Ek het slegs vyf sleepwaens, om ‘n ekstra inkomste te verdien, aangesien die voldag pos wat ek by my werk beklee het, in ‘n halfdag pos omskep is.

Ek moet ook oor die weg kom met ‘n halfdag salaris, maar ek kla glad nie, want ek het ten minste nog ‘n inkomste.

Ek plaas nou maar bemarkingsborde, soos baie ander entrepreuneus en besighede, op besige straathoeke, en ek moet noem dat die borde sowat R1 500 elk kos.

Nou is daar ‘n persoon of persone wat die borde verwyder.

Dit gaan nie oor die koste van die borde nie, dit gaan vir my oor die verwydering daarvan.

Iemand het die bord verwyder, seker maar omdat dit vir hom kompetisie is.

Al wat ek vra is: laat die son oor almal skyn.

Kom ons gee mekaar ‘n gelyke kans om besigheid in Brakpan te doen.

As dit die stadsraad was, vra ek net dat die reklamebord aan my terug besorg word en ek sal uitvind wat om te doen om dit wettiglik op te sit.

Ek wil net noem dat my besigheid wel gerigistreer is, so die besigheid wat ek doen is wettig.

Ek hoop wie ookal die bord verwyder het slaap rustig, want ek slaap rustig en sal weer ‘n bord laat maak en weer een opsit.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button