LettersOpinion

Beïndruk met die dorp se mense

“Lorraine” skryf per e-pos:

Ek wil net sê dat die dorp van die mooiste en mees opregte mense onder die son het.

Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om dankie te se aan die bestuurder van Pick ‘n Pay Sherwood, wat onlangs baie moeite gedoen het om my te help om die poskantoor se telefoonnommer te kry.

Aan Lena (van onbekend) by die poskantoor, by Sherwood Gardens, baie dankie vir jou hulp en moeite.

Aan Manny’s en almal by die OK wat ‘n mens groet en met jou gesels soos ou gewaardeerde vriende. Nogmaals dankie.

Dit gaan nie ongesiens verby nie.

Die volgende is vir julle en al die wonderlike mense op die dorp:

Ek bind vir julle blomme in ‘n bos, ‘n blywees-bos.

‘n Rooi roos vir liefhê. ‘n Madeliefie vir plesier, ‘n aronskelk vir respek en ‘n bloedrooi malva vir vreugde by die hek. ‘n Katjtjiepiering vir onthou en pers viooltjies vir vertrou.

Laat geluk se geur laventelbos-blou om julle vou en dra in julle sak

‘n vergeet-my-nietjie se tak.

Mag Onse Hemelse Vader se genade bakhand om julle vou.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button