LettersOpinion

Berig gee koue rillings

Jaco Dreyer, skryf per e-pos

Met verwysing na die berig op die voorblad van die Herald van 1 November (Vroue en kinders in rowers se kloue).

Ek het koue rillings gekry toe ek die berig gelees het. Daardie vroue is baie gelukkig dat dinge uitgedraai het soos dit het.

Ek is ook baie dankbaar dat hulle nie seergekry het, aangerand of selfs verkrag is nie. Dinge kon maklik skeefgeloop het.

Ja, dit was agterlosig om nie die deur te sluit nie, maar dit gee nie daardie boewe die reg om by ‘n huis in te stap waar hulle nie hoort nie. En dan te maak soos hulle wil.

Waarheen is hierdie land van ons oppad heen?

Ons wonings is tronke en as jy dalk vergeet om ‘n deur of ‘n hek te sluit word jy onmiddellik ‘n teiken vir gevoellose barbare.

Dit is regtig nie aanvaarbaar nie. Ek hoop die oortreders word gevang en dat hulle sal boet vir hul dade, maar dit is seker baie onwaarskynlik.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button