LettersOpinion

Help liewer werkloses

Jonathan Vosloo, Brakpan-sentraal, skryf: Met verwysing na die brief in die Herald van 25 Oktober. (Smouse en bedelaars maak die pad huistoe te lank).

Daar was ook voorheen soortgelyke briewe in die Herald van mense wat kla oor karwagte, bedelaars, smouse en werklose mense.

Ek rig nou hierdie brief aan die almal wat so kla oor smouse en mense wat by verkeersligte staan en bedel. Ek is self werkloos en ek is ‘n smous.

Het die anonieme skrywers van hierdie briewe al daaraan gedink om die smouse en bedelaars, wat in die parke slaap, te help met ‘n werk of ‘n blyplek? Nee!

Julle dink omdat julle alles het en ons nie, is julle beter as ons.

Wat verwag julle moet ons doen? Moet ons na julle huise kom en inbreek en steel, of moet ons eerder bedel of iets probeer verkoop om ‘n bestaan te kan maak?

Het ek nie ook die reg om te lewe nie?

Ek dink dis ‘n goeie idee dat al die mense wat van ander lande hierheen kom, om ons werk oor te neem, terug gestuur moet word. As dit gebeur sal ons dalk nie nodig het om te bedel of te smous nie. (Brief verkort).

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button