Plakkers ontsier die dorp

Besorgde inwoner, Brakpan-sentraal skryf:

Ek wil graag weet wat besig is om met ons dorp te gebeur?

Dit lyk of niemand meer omgee nie.

Soos almal weet en sien word daar niks gedoen aan die sogenaamde plastiek plakkerskamp wat baie onooglik is nie.

Nou is die volgende plakkerskamp aan die ontstaan.

Aan beide kante van die “ou Lokasie” pad is al verksie huise opgerig.

Aan die regterkant, agter lappie bome, is daar ook al vir ‘n geruime tyd ‘n paar plakkershuise.

Moet ons nou heeltemal omring word deur die plakkerskampe wat ons dorp ontsier.

Kan iemand asseblief iets daaraan doen en die oortreders stop voor dit te laat is.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version