LettersOpinion

Mense in rolstoele lei tot irritasie

"Inwoner" van Dalpark skryf:

Ek het nog altyd simpatie gehad vir mense wat met rolstoele oor die weg moet kom, maar deesdae dink ek anders oor die saak.
Ek en my man besoek gereeld casino’s in ons omgewing, aangesien ons graag uiteet en ook dikwels probeer om ‘n paar randjies te wen.
Dit is net hier waar die probleem inkom. Die meeste mense wat in rolstoele is maak of die plekke aan hulle behoort.
Stoele word weggeskuif sodat die rolstoele voor ‘n masjien kan staan, maar wanneer die persoon in die rolstoel weg beweeg, word die stoel nooit weer teruggeplaas soos dit hoort nie.
Dié takie moet maar deur iemand anders of casino personeel behartig word.
Dit is ook asof hierdie mense verwag dat hulle voorkeur by die dobbelmasjiene moet kry.
Ek stem nie daarmee saam nie.
Ek ondervind ook dat meeste van dié mense redelik onbeskof en kortaf is.

Ek weier om pad te gee vir enige iemand in ‘n rolstoel.
Ons sal nooit op ‘n parkering vir gestremdes of mense in rolstoele parkeer nie maar dit is die enigste manier hoe ek my kant bring.
‘n Jongerige vrou, wat ‘n ouer man in ‘n rolstoel gestoot het, het my onlangs amper uit die pad gestamp net omdat ek nie vinnig genoeg na haar sin pad gegee het nie.
Ek dink daar is te veel mense in rolstoele wat die verkeerde houding het en dit irriteer my baie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button