Opinion

Baie dinge in die dorp pla

Die dorp het nog nooit so sleg gelyk nie.

Belastingbetaler van Dalview skryf:

Ek weet nie waarheen die land van ons op pad is nie en daarby sluit ek ons dorp hoog bo-aan die lysie in.

Die dorp het nog nooit in die 38 jaar wat ek hier bly so sleg gelyk nie.

‘n Mens kan nie op ‘n ordentlike pad na Benoni toe ry nie.

Darem kan jy inkopies doen met al die gemors wat aan al twee kante van die pad staan wanneer jy verby Plastic City ry.

Aan die einde begroet ‘n stinkende massa vuilgoed jou by ‘n stortingsterrein wat nie sy doel dien nie.

Daar is bitter min paaie in die dorp wat nie ‘n sinkgat of ‘n oop mangat het nie.

Padtekens is ‘n luuksheid en goed gemerkte paaie is iets van die verlede.

Verkeersreëls bestaan nie meer nie.

Min winkeleienaars het nog trots oor hoe hulle plekke lyk.

Die begraafplaas is ‘n oerwoud. Ek hoop nie daar is nog mense wat hul lewens waag om soontoe te gaan nie.

Ons krag- en water rekeninge word by die maand meer maar ons sit meer sonder krag as met krag.

As jy jou rekening wil gaan betaal word jy begroet deur lang gras en vieslike tuine by die munisipale kantore.

Mense slaap op sypaadjies, kinders grou in asblikke.

Die pragtige ou gebou van die biblioteek word by die dag meer gevandaliseer.

As ons nie so oud was nie sou ons enige plan moontlik gemaak het om uit die land pad te gee.

Ek sidder om te dink hoe dit oor twee jaar gaan lyk.

‘The powers that be’ moet hulle oë baie vinnig begin oopmaak.

Ek kan werklik nie aan een positiewe ding dink om te noem nie.

Lees ook: Community clean-up continues in Anzac

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button