Sé ons wat jy dink

Inwoners was gevra of sosiale media 'n goeie of slegte invloed is op ons daaglikse lewe.

Dink jy dat sosiale media ’n euwel of goeie ding is?

Aletta Dlamini – Sosiale media is albei goed en sleg. Dit het half ’n mens se lewe oorgevat, maar dit het darem ook baie voordele.
Mandy Botha – Ek dink dit is ’n goeie ding. Dit help mense om met mekaar te kommunikeer en te kan sien wat in ander se lewens aangaan.
Francina Dlamini – Sosiale media is beslis ’n goeie ding. Mens sien baie dinge daarop en kan selfs jou besigheid adverteer.
Josephine Langa – Ek dink dit is ’n euwel. Ek gebruik dit glad nie maar my kinders maak daarvan gebruik en ek leef daarmee saam.

Lees ook: Jong Brakpanner is baie tuis voor die kameras

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Exit mobile version