Opinion

Onkruid neem oor

As inwoner in Escombelaan het ek persoonlik by parke afdeling gaan navraag doen.

Wonder maar net skryf per e-pos:

Ek wil graag van die Parke afdeling verneem waarom die onkruid, wat vanaf die sypaadjies tot in die pad oorloop en welig groei, nie uitgespit word deur dié departement nie?

As inwoner in Escombelaan het ek persoonlik by parke afdeling gaan navraag doen.

Ek het gevra waarom die onkruid nie uitgespit en verwyder word nie, want dit vermeerder net jaarliks.

Daar is aan my gesê dat dit nie parke afdeling se verantwoordelikheid is nie.

Nou wonder ek maar net wie verantwoordelik is vir die instandhouding van die sypaadjies in Brakpan.

Redakteur se nota:  Die brief is aan die Ekurhuleni Metro voorgelê vir kommentaar.

Die woordvoerder vir die Ekurhuleni Metro, Thema Gadebe het gesê  dat die parke- sowel as die paaie afdeling tans besig is om ‘n plan van aksie te beraam om die onkruid wat op sypaadjies en naby randstene groei te verwyder.

Lees ook:

Vrou se brief aan astrante dief bring rustigheid

Sestienjarige se brief oor haar ma sal die hartsnare roer

Ekurhuleni beats other metros in job creation

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

 

 

Related Articles

Back to top button