In die kollig

Leer ken Alicia Visser.

Alicia Visser (16) is onlangs as Mej Stoffie 2017 aangewys. Sy woon saam met haar ouers, Bennie en Alida Visser en haar ouer suster, Timoné (18) in Boksburg.

.• Jy is onlangs as Mej Stoffie 2017 gekroon. Vertel meer van die aand en wat die titel vir jou beteken.

Die aand het vir groot opwinding gesorg. Ons het afgeskop met die informele afdeling waar die tema “Celebrity Streetwear” was. Ek het met ‘n vriendin se pragtige Yorky, Lizzy, in my groot handsak voor die beoordelaars verskyn. Met die formele afdeling het my rok se ritssluiter gebreek en het ons lekker gelag toe die juffrouens vinnig ‘n plan met ‘n tafeldoek moes maak. Dit het vir my die wêreld beteken om as Mej Stoffie gekroon te word, want dit gee nou vir my die geleentheid om ‘n rolmodel vir ander meisies te wees.

• Neem jy gereeld aan kompetisies van die aard deel of was dit ‘n eerste?

Ek neem al van graad agt af deel aan Mnr en Mej Stoffie en was darem in graad agt onder die top vyf.

• Watter ander belangstellings en stokperdjies het jy?

Ek speel netbal en doen “cheerleading”. Ek is ‘n “social butterfly”. Ek spandeer ook graag tyd saam met my kêrel en ek versamel ook graag skerp “quotes” (sê-goed).

• Watter beroep beplan jy om eendag te volg?

Dis my droom om eendag ‘n prokureur of sielkundige te word.

• As jy die geleentheid kry, sal jy Suid-Afrika verlaat en in ‘n ander land gaan woon?

Ek sou die buiteland graag op die proef wil stel voordat ek so groot besluit neem, maar ek wou nog altyd in Amerika gewoon het.

• Is selfone ‘n euwel of die beste ding ooit?

Natuurlik is selfone die beste ding ooit. Ek is deel van die Facebook-generasie en ons kan nie sonder sosiale media klaarkom nie.

• Wie is jou rolmodel en waarom?

My rolmodel is my moeder, want daar is nie ‘n vrou in die wêreld soos sy nie. Sy stel my en my sussie altyd eerste. Sy kan ook nogal goed preek vir ons, maar dit help my om goeie besluite te neem.

• Bly jy op hoogte van die nuus en gebeure in die land of is dit nie vir jou belangrik nie?

Dit is belangrik vir my omdat ek ekonomie as ‘n vak het en ek vind sommige nuusgebeure interessant.

• Jy kan die land vir een dag regeer. Wat sal jou plan van aksie wees?

Ek sal onmiddellik al die korrupsie in ons regering uitsorteer en daarop aandring dat skoolvakansies langer moet wees.

• Wat maak jou kwaad?

Maats wat jou vertroue breek en om verkeerd te wees.

• Wat maak jou bly?

Om te “shop” sonder om bekommerd te wees oor geld en my kêrel.

• Waar sonder kan jy glad nie klaarkom nie?

My foon en baie data.

Lees ook: Mnr en Mej Stoffie aangewys

Stoffies se sewes wys hul slag

Stoffies se Stoffel word vyf

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

 

Exit mobile version