BlogsOpinion

In die kollig

Leer ken Leendert Koekemoer.

Leendert Koekemoer (9) is ‘n uithaler atleet van die Laerskool Dalview wat onlangs aan die Suid-Afrikaanse Skole atletiekkampioenskappe deelgeneem het.

Die graad vier leerder bly saam met sy ouers, Lourens en Liza, en sy sussie, Liané (6), in Dalview.

• Is dit die eerste keer dat jy aan die SA’s deelgeneem het of het jy al voorheen gekwalifiseer?

Dit was my eerste keer want atlete kan eers van die ouderdomsgroep o-10 af kwalifiseer.

• Wanneer het jy begin belangstel in atletiek?

Toe ek aan my heel eerste atletiekbyeenkoms deelgeneem het. Ek was net vyf jaar oud en dit was by Trippe Trappe Trone Kleuterskool.

• Moet jy baie hard oefen of is jy van nature ‘n goeie atleet?

Ek sal sê dis so bietjie van altwee. Al het ‘n mens ‘n natuurlike talent moet jy nog steeds hard oefen om die beste te wees. Almal wil die beste wees.

• Wat behels jou oefenprogram?

Ek oefen reg deur die jaar. Ek swem vir ‘n uur lank dan hardloop ek drie keer ‘n week. Ons oefensessies is so 90 minute lank waarvan 30 minute vir opwarming is. Ons volg ook ‘n winterprogram.

• Hoe was jou ondervinding by die SA’s?

Dit was vir my ‘n bietjie moeilik, want dit was my eerste keer en ek het nie mooi geweet wat om te verwag nie. Ek was baie bly toe ek my 100m kwartfinaal gewen het op die tweede dag. Ek het ook baie vriende gemaak.

• Op watter items fokus jy?

Op die 80m en die 100m.

• Het jy ‘n spesiale afrigter?

Ja, ek het twee afrigters, Dino en Shaldon Thomas, wat my by die Boksburg Stadion afrig.

• Beoefen jy ‘n ander sportsoort ook of is dit net atletiek?

Ja, ek geniet ook tweekamp, krieket, landloop en swem.

• Wie is jou gunsteling atleet of sportman/vrou en hoekom?

Husain Bolt vir kort afstande, want hy is die vinnigste man in die wêreld, en Bruce Fordyce vir langafstande, want hy sal altyd een van die bestes wees.

• Wat sal jy doen as jy vir een dag die hoof van jou skool kan wees?

Ek sal ‘n ekstra periode intel net vir sport.

• Wat is jou gunsteling kos?

Beslis spaghetti bolognaise.

• Van watter kos hou jy glad nie?

Sushi.

• Vang jy ooit kattekwaad aan?

Baie.

• Wat wil jy eendag word en hoekom?

‘n Professionele atleet want jy doen waarvoor jy lief is, jy hardloop in verskillende lande en verskyn in tydskrifte, in koerante en op televisie. Jy kry ook baie borge en almal ken jou naam.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button