BlogsEditor's noteOpinion

In die kollig

Leer Brandon Riekert ken.

Dalview inwoner Brandon Riekert (19), ’n graad 11-leerling aan Hoërskool Die Anker, is ’n Mnr Jakaranda-finalis en het al sedert hy in Augustus verlede jaar begin het met modelwerk, vele titels opgeraap.

• Vertel die lesers bietjie meer oor die Jakaranda kompetisie?

Dit is belangrik om te weet dit is meer ’n platvorm as ’n skoonheidskompetisie. Dit fokus om ’n platvorm vir jongmense te skep wat hulle kan help groei, ’n verskil te maak in die gemeenskap, loopbaan vooruitsigte en belangrike vaardighede te ontwikkel. Dit is ’n reis waar jy jouself kan vind en ook meer leer oor jouself.

• Hoe kan inwoners van die dorp jou help as finalis?

Inwoners van die dorp kan my naam en van SMS na 35959. Inwoners kan ook help deur blikkieskos, komberse en hondekos te skenk. Ek wil ook graag begin om donasiebokse in winkelsentrums aan te bring wat ek maandeliks wil leegmaak en die goedere versprei waar dit nodig is.

• Watter kompetisies waaraan jy al aan deelgeneem het, het vir jou uitgestaan?

Ek het al 16 kompetisies gewen. Ek het verlede jaar in Augustus my eerste kompetisie gewen. Die wat wel uitgestaan het is Cansa Relay For Life, Top Model SA (Springs), Animal Care (algehele wenner) en Royal Beauty.

• Wat beplan jy om na skool te doen?

Ek gaan vir ’n landmeter swot aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT).

• Waar sien jy jouself oor 10 jaar?

Ek sien myself nog aanhou met liefdadigheidswerk en ek sal ook my eie besigheid besit.

• Wat hou jy van om te doen in jou vryetyd?

Ek ry graag fiets en gym in my vryetyd.

• Watter vier items kan jy nie sonder leef nie?

Kos, familie, vriende en my hond.

• Waar is jou gunsteling vakansiebestemming en hoekom?

Ponta do Oura in Mosambiek. Dit is rustig daar en die see is kalm. Dit is ook weg van die stad.

• As jy jouself kan beskryf in drie woorde, wat sal dit wees?

Vriendelik, vreugdevol en liefdevol.

• Iets wat mense nie van jou weet nie?

Ek is skaam om voor mense te praat.

• Enigiets wat jy wil byvoeg?

Môre (Saterdag) is vir my ’n baie groot uitdaging, want dit is dan die kroning van Mej en Mnr Jakaranda.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)
BBM pin: 7F7A9F13

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button