In die kollig

Leer Stoffel ken.

Stoffel, die Hoërskool Stoffberg se vriendelike gelukbringer (mascot) het Vrydag sy vierde verjaarsdag saam met leerders en personeel van die skool gevier. Die ronde, vriendelike karakter is geen onbekende gesig nie en is altyd op sy pos.

Lees: Stoffel word vier jaar oud

• Wat is Stoffel se pligte?

Stoffel is ’n gelukbringer en my gunsteling tydverdryf is om glimlagte op skoolkinders se gesigte te sien. Ek het ook die vermoë om spangees te wek soos geen ander “mascot” dit kan doen nie.

• Vertel van die slegste dag wat jy al ooit beleef het?

Dit moet seker die dag wees toe ek deur een van Delmas se personeellede geduik is! Ek het lanklaas so hard geval.

• Wat is die snaakste ding wat jou al oorgekom het?

By ’n interhoërbyeenkoms is ek “getackle” en toe gaan ek mos net aan met rol. Dit was nogal skreeusnaaks vir al die aanskouers van hierdie debakel.

•Waarvan hou Stoffel glad nie?

Wanneer mense die geloofwaardigheid van kinders aantas en hulle “maklike vertrouensgees” breek. Kinders is my lewe en om glimlagte op hulle gesigte te sit, maak my lewe die moeite werd!

• Wat is Stoffel se gunsteling tydverdryf?

Ek is die “geesbringer”! Ek is nodig om die finale kersie op die koek te sit sodat Stoffberg kan wys wat in hulle steek.

• Wat is jou boodskap aan die jeug van vandag?

Jy kan van krag tot krag gaan deur God se mag! Kyk altyd op na Hom waar jou hulp vandaan kom.

• Dink jy dat die jeug te veel tyd op hul selfone spandeer?

Nie noodwendig nie. Ons is in ’n moderne era waar tegnologie hooggety vier. Die moderne kind hou daarvan om op hoogte van alles te wees. Sosiale media is ’n baie vinnige manier van nuus oordra en ons leerders hou daarvan om daarop te wees – buite klastyd!

•Wat eet jy graag?

Ek lief Stoffberg se snoepie.

• Waaraan sal jy glad nie jou mond sit nie?

Ek hou glad nie van seekos nie.

• Jy woon talle geleenthede by. Hoe bly jy fiks?

Ek hardloop saam met die rugbyspelers, oefen saam met die atlete, speel hokkie en netbal sodat my lyfie mooi in vorm kan bly. Dit verg nogal baie moeite en toewyding!

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version